Kommersiële Reg
Sedert die verskyning van die derde uitgawe van Kommersiële Reg in 2006 het omvattende veranderinge op sekere regsgebiede 'n vierde uitgawe genoodsaak. 'n Nuwe hoofstuk oor elektroniese betalingsmetodes is
Product details
Sedert die verskyning van die derde uitgawe van Kommersiële Reg in 2006 het omvattende veranderinge op sekere regsgebiede 'n vierde uitgawe genoodsaak. 'n Nuwe hoofstuk oor elektroniese betalingsmetodes is bygevoeg.
'n Nuwe deel word aan die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 gewy, terwyl die invloed van die Wet ook in die afsonderlike hoofstukke oor byvoorbeeld die kontraktereg en besondere kontrakte soos die koopkontrak bygewerk is. Origens is nuwe wetgewing en regspraak waar moontlik bygewerk tot einde Augustus 2011.
Kommersiële Reg het ten doel om volledig te handel met die belangrikste beginsels van sowel die algemene kontraktereg as die benoemde kontrakte wat die meeste in die handelsverkeer aangetref word, soos kredietooreenkomste, koop-, huur-, borg-, pand-, verband-, diens-, arbitrasie-, werkaannemings- vervoer- en versekeringskontrakte.
Die werk word ingelei met 'n nuttige bespreking van die oorsprong, totstandkoming en sistematiek van die reg, gevolg deur 'n bespreking van die bronne van die regsverbintenis, soos die kontrak, delik en ongeregverdigde verryking, wat nodig is vir 'n beter begrip van die kontraktereg.
Table of contents
Hoofstuk 1 - Geskiedenis en Sistematiek van die Suid-Afrikaanse Reg
Hoofstuk 2 - Totstandkoming van Regsreëls en die Regspleging
Hoofstuk 3 - Inleiding tot die Kontraktereg
Hoofstuk 4 - Wilsooreenstemming
Hoofstuk 5 - Handelingsbevoegdheid
Hoofstuk 6 - Juridies en Fisies Uitvoerbaar
Hoofstuk 7 - Formaliteite
Hoofstuk 8 - Partye tot die Kontrak, Voorwaardes en Verwante Figure, Besondere Bedinge en Uitleg van Kontrakte
Hoofstuk 9 - Kontrakbreuk en Beëindiging van Kontraktuele Verhouding
Hoofstuk 10 - Inleiding tot die Verteenwoordigingsreg
Hoofstuk 11 - Die Prinsipaal
Hoofstuk 12 - Die Verteenwoordiger
Hoofstuk 13 - Algemene Inleiding tot die Koopkontrak
Hoofstuk 14 - Verpligtinge van die Verkoper
Hoofstuk 15 - Verpligtinge van die Koper
Hoofstuk 16 - Totstandkoming van die Huurkontrak
Hoofstuk 17 - Verpligtinge van die Verhuurder en die Huurder
Hoofstuk 18 - Diverse Aspekte van die Huurreg
Hoofstuk 19 - Algemene Inleiding en Geskiedkundige Agtergrond
Hoofstuk 20 - Toepassingsgebied van die Wet en Sluiting van Kredietooreenkomste
Hoofstuk 21 - Verbruikerskredietinstellings en Regulerende Aangeleenthede
Hoofstuk 22 - Regte en Verpligtinge van Partye
Hoofstuk 23 - Finansiële Aangeleenthede, Geskilbeslegting en Skuldafdwinging
Hoofstuk 24 - Inleiding tot die Versekeringsreg en Versekeringskontrakte
Hoofstuk 25 - Besondere Aspekte van Versekeringskontrakte en Skade- en Sommeversekering
Hoofstuk 26 - Vervoerreg
Hoofstuk 27 - Algemene Inleiding en Borgstelling
Hoofstuk 28 - Pand- en Verbandreg en Sekerheidsessie
Hoofstuk 29 - Hipoteke en Retensieregte
Hoofstuk 30 - Algemene Beginsels van die Wisselreg
Hoofstuk 31 - Tjeks
Hoofstuk 32 - Elektroniese Betalingsmetodes
Hoofstuk 33 - Inleiding en Sekwestrasie
Hoofstuk 34 - Die Gevolge van Sekwestrasie
Hoofstuk 35 - Bereddering van Insolvente Boedels, Akkoord, Rehabilitasie, Misdrywe en Likwidasie van Maatskappye en Beslote Korporasies
Hoofstuk 36 - Algemene Inleiding tot Arbeidsreg
Hoofstuk 37 - Individuele Arbeidsreg
Hoofstuk 38 - Kollektiewe Arbeidsreg
Hoofstuk 39 - Konstruksie-, Ingenieurs- en Diensteleweringskontrakte
Hoofstuk 40 - Alternatiewe Geskilbeslegting
Hoofstuk 41 - Die Wet op Verbruikersbeskerming
- Sakelys
- Indeks